1. Die heerlike hemel

1. Die heerlike hemel

Regular price
R 20.00
Sale price
R 20.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 

In die begin het God die hemel en die aarde geskape (Gén 1:1). Omdat God die hemel geskep het, het die hemel ’n begin gehad! Die hemel is dus nie tydloos nie, ook is dit nie onveranderlik nie. En ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie (Op 21:1).

 Net God is ewig, alle ander is geskape. Die hemel is nie God nie, dit is nie deel van die essensie van die Goddelike wese nie. God het die hemel geskape. Dit is nie ’n plek waar God moet woon nie. Die Here God het sy troon in die hemel gevestig. Dáár ontvang Hy aanbidding van al sy geskape skepsels.

 DIE VADER EN DIE HEMEL

 Jesus Christus het ons tereg ook bevel om te bid: Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;   laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; (Matt 6:9-10). In hierdie gebed weet die gelowige dat God se wonderlike heerskappy in heerlikheid in die hemel voltrek word, sonder enige teëstand en uitdaging. Die gelowige weet vroeër of later sal die heerskappy en wil van God, soos dit in die hemel geskied, ook op die aarde volbring word.

 Moses het in Deuteronómium 4:39 daarop gewys: daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie. Ook in Deuteronómium 10:14 lees ons: Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.

 

 Om verder te lees, koop gerus die artikel.

PDF FORMAAT