Geesteswêreld (pdf)

Geesteswêreld (pdf)

Regular price
R 100.00
Sale price
R 100.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 

PDF FORMAAT

Verbasende feite oor die onsigbare.

Die Bybel het verbasend baie oor die geesteswêreld te sê.  Alhoewel die menslike oog dit nie opmerk nie, leer die Skrif van ‘n ontelbare hemelse leërskare wat die hoogste hemel, die verste eindes van die heelal en die aarde bewoon.  Die Woord vertel ons van gèrubs, serafs, lewende wesens en engele. God het ‘n hemelryk geskep wat van Sy heerlikheid, Sy majesteit en Sy glorie getuig.  Die Bybel leer egter ook van ‘n spesifieke gevalle gèrub, van gevalle engele en ook van ‘n gevalle geesteswêreld.

 Die Geesteswêreld, met verbasende feite rakende die onsigbare, gee toeligting en helderheid oor wat die Here in Sy Woord oor die geesteswêreld sê:

- Waar is die hemel?

- Waarom het God engele geskape?

- Is daar meer as een opstanding?

- Wie is die draak, die dier en die  valse profeet?

- Mag ek met dooies probeer kontak maak?

- Waarom het God die hel geskep?

- Is geestelike oorlogvoering ‘n  realiteit?

- Waar bly afgestorwe geeste?

- Gaan gelowiges voor God se regterstoel verskyn?

- Waar kom sonde vandaan?