
Sistematiese Bybel-lees Program
Die doel van die leesprogram is om u te lei in ʼn geestelik bevredigende omgang met
die Skrif. Net soos ʼn goeie dieet vir u liggaam wondere doen, so sal ʼn goeie
gebalanseerde daaglikse porsie van God se Woord verfrissend en kragtig inwerk in
u gees.
Indien u sover moontlik die program volg, sal dit beteken dat u die Ou Testament een
maal en die Nuwe Testament twee maal tegelyk in een jaar deurgelees het. U lees ʼn
gemiddelde van vier hoofstukke elke dag. Dit is verkieslik dat dit aaneenlopend gelees word.
Alternatiewelik kan u twee hoofstukke soggens en twee saans lees.
Die leerprogram is saamgestel en beplan om jou sistematies deur die Heilige Skrif te
neem. U lees gebeure soos wat dit plaasgevind het, met die uitsondering van Job en
Psalms. U sal byvoorbeeld vind waar u ʼn historiese gedeelte lees, u daarmee saam ʼn
spesifieke profetiese boek of psalm met betrekking tot die lewe van koning Dawid sal lees
wat spesifiek van toepassing het op sy lewensgebeure deur hom uitgespreek. So begin u ʼn
geheelbeeld van die Skrif kry – soos ʼn legkaart waarin die stukke wat saamhoort, bymekaar
gebring word.
Lees dit om dit te geniet en gee tyd vir oordenking en bepeinsing sodat die Heilige Gees
Sy gedagte deur die Skrif tot u kan bring. Begin dadelik net waar u datumgewys vandag is in
ooreenstemming met die program. As u vandag begin, het u die eerste tree gegee in die
Skrif om oor ʼn jaar van nou die Bybel dwarsdeur te gelees het.
Ek het U woord in my hart gebêre dat ek teen U nie sal sondig nie (Psalm 119:11).