Die Getuienis (hardekopie)

Die Getuienis (hardekopie)

Regular price
R 150.00
Sale price
R 150.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 

 

Die wonderbaarlike handelinge van God.

As sterflike mense is ons kennis beperk, daarom is die toekoms ‘n onbekende faktor.

In Bybelprofesieë vind ons ‘n baie duidelike, helder beeld rakende die toekoms. Ons leer ook in die woord van God rakende die Heilige Gees en Sy mededelings met ons as kinders van God, m.b.t. ons daaglikse lewe soos Hy ons lei, leer en die dinge van God aan ons openbaar. 

God in Sy alwysheid en alkennis ken die kleinste detail van alles, of dit die verlede, hede of toekoms is. Deur die gawes van die Heilige Gees, die gawe van ‘ ‘n woord van wysheid’, of deur die gawe van

‘n woord van kennis’ kan God dinge, gebeure, persone, en so meer, openbaar wat voorheen onbekend aan die menslike verstand en gees was (1 Kor. 12:7-11).

Elke gelowige sal iewers in sy wandel met God deur die Heilige Gees ‘n ervaring of ervarings (openbarings) beleef wat voorheen onbekend was.

Die Getuienis handel oor sommige van die wonderbaarlike handelinge van God in Raymond Lombard se lewe.

 

HARDEKOPIE