
Wanneer ons die Skrif ondersoek, kom ons onder kragtige indrukke van ’n onderwêreld; ’n geeste-wêreld. Dit is duidelik in die Bybel dat daar ’n onderwêreld bestaan (Luk 8:31). Die onderwêreld is die plek waarheen sondaars, gevalle engele en onrein geeste (bekend as demone) gaan.
Die onderwêreld waarheen die sondaar ná sy afsterwe gaan, word die Doderyk genoem. Dit is ’n spesifieke plek wat in die hart of buik van die aarde geleë is (Luk 16:23; Fil 2:10).
Die onderwêreld waarheen sommige gevalle engele verban is, staan as Tartarus bekend (2 Pet 2:4), en is ’n gevangene-bewaarplek van dié engele wat vir die ewige oordeel na die hel of poel vuur wag (Matt 25:41).
Om verder te lees, koop gerus die artikel.
PDF FORMAAT