2. Die ewige verblyfplek van die gelowige - die nuwe Jerusalem

2. Die ewige verblyfplek van die gelowige - die nuwe Jerusalem

Regular price
R 20.00
Sale price
R 20.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 

Die eerste persoon aan wie die belofte van die nuwe Jerusalem gemaak is, was Abraham, die vader van die gelowiges (Heb 11:10). Tweeduisend jaar vóór die geboorte van Jesus Christus het Abraham uit sy vaderland, Ur van die Chaldeërs, weggetrek op soek na ’n stad wat fondamente het waarvan God die Boumeester en Oprigter is. Abraham het nie op aarde by daardie beloofde stad uitgekom nie. Sy lewe het ’n geloofsproses gebly wat nooit, terwyl hy op aarde was, in finale aanskouing oorgegaan het nie. Die stad was immers vanaf Abraham minstens vyfduisend jaar die toekoms in. Daar het tweeduisend jaar vanaf Abraham tot Christus verloop en nog tweeduisend jaar vanaf Christus tot hier by ons. Dan lê daar nog voor duisend jaar van die vrederyk tot by die verbranding van die ou aarde. Dit is dus ten minste vyfduisend jaar in totaal voordat Openbaring 21:1-2 aanbreek!
 
Hierdie hemelse stad, die nuwe Jerusalem, wat God aan Abraham beloof het, bestaan alreeds. Dit word bevestig in Hebreërs 12:22-24. Johannes stel dit duidelik dat die hemelse stad vanuit die hemel na die nuwe aarde sal neerdaal ná die duisendjaar-vrederyk (Op 21:10).

 

 Om verder te lees, koop gerus die artikel.

 

PDF FORMAAT