6. Die gevalle engele

6. Die gevalle engele

Regular price
R 20.00
Sale price
R 20.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 

Neem ’n mens die sonde van engele wat tot ’n val gekom het in ag, kom ons tot die gevolgtrekking dat elkeen van die engele wat geval het, as sondige, of gevalle engele, geklassifiseer kan word (2 Pet 2:4). Elke gevalle engel het in­dividueel gesondig as gevolg van ’n bewuste daad en nie op grond daarvan dat sonde deur een engel in die engele wêreld gekom het, of dat deur die ongehoorsaam­heid van een engel, baie engele gesondig het nie, soos ons sien in die geval van die mens (Rom 5:12,19).

 God het die engele wat gesondig het nie met ’n gevalle natuur geskape nie. Omdat die engele ’n menigte of leërskare is (Ps 148:2) en nie ’n ras is nie, het hulle individueel gesondig. Dit kan een rede wees waarom God geen voorsiening vir saligheid van gevalle engele gemaak het nie. Omdat engele een­malig klaar geskape is en nie as ras kan voortplant nie, was daar van sonde sprake net by diegene wat daarby betrokke was. Die engele wat nie gesondig het nie, het nie met ’n sondige natuur te kampe nie.


 Om verder te lees, koop gerus die artikel.

 

PDF FORMAAT