Kan jy nie een minuut saam met My waak nie?
Jesus se uitnodiging na ’n dieper gebedslewe
Deur Dr Raymond Lombard
Nou beskikbaar vir voorafbestelling.
Gebed is een van die grootste voorregte van die Christelike lewe — en tog sukkel baie gelowiges om ’n volgehoue, lewende gebedslewe te handhaaf.
Gebaseer op Jesus se woorde in Matthéüs 26:40, neem hierdie boek jou stap vir stap deur die Bybel se onderrig oor gebed — van die eenvoudige fondamente wat Jesus gelê het tot voorbidding, vas, geestelike oorlogvoering en gebed in die krag van die Heilige Gees.
Hierdie boek is ’n uitnodiging om weer tyd saam met God deur te bring, dieper in gebed te groei en die krag van ’n toegewyde gebedslewe te ontdek.
Wat behandel die boek?
Deel 1: Die uitdaging
Skuldgevoelens, konsentrasieprobleme en hindernisse in gebedsverhoring.
Deel 2: Die beginsels
Tydsberekening, T.A.M.G., gebed as ’n lewensgewoonte en hoe om volgens God se wil te bid.
Deel 3: Die aard van gebed
Volharding, aandring by God en wat om te doen wanneer dit voel asof God stilbly.
Deel 4: Bybelse lering oor gebed
Die Onse Vader, die voorbeeld van Jesus en die lering van Paulus en Jakobus, asook gebed in die Naam van Jesus.
Deel 5: Die toerusting
Geestelike stryd, die Heilige Gees, bonatuurlike gebed, om God se stem te hoor en die belangrikheid van vas.
Waarom hierdie boek?
- Prakties, eerlik en maklik verstaanbaar
- Sterk gegrond in die Bybel
- 25 kort hoofstukke, verdeel in vyf dele
- Ideaal vir persoonlike studie, kleingroepe en gemeentes
- Geskik vir nuwe én ervare gelowiges
- Alle Skrifaanhalings kom uit die AFR53
Nou beskikbaar vir voorafbestelling.
- Gratis aflewering op alle voorafbestellings
- Aflewering begin teen die einde van September
Bestel jou eksemplaar vandag en aanvaar Jesus se uitnodiging na ’n dieper gebedslewe.
Hardekopie - Sagteband Boek.



