Dat God Homself ’n naam of name gegee het, hoort by die feit dat Hy ’n persoon is. Dat Hy nie net één naam nie maar verskillende name het, is ’n aanduiding van die volheid en rykdom van sy persoon. Die name van God is ’n wonderlike openbaring van Homself aan die mens.
Dit is eintlik ’n skrikwekkende feit dat ’n naam ’n persoon, sy karakter of een of ander spesifieke eienskap of aspek van hom beskryf. Hoe kan ’n naam dus voldoende wees om God te beskrywe? As die hoogste hemele self God nie kan bevat nie, hoe kan ’n naam Hom voldoende beskrywe? Wat ’n vraag dus om vir die oneindige God te vra om sy naam te openbaar, en dit aan ’n verganklike mens!
In die Ou Testament is daar nie spesifieke verwysings (behalwe in verskuilde vorms) na Jesus Christus as die ewige Seun van God nie, ook nie na Christus as die Woord van God
nie. Die rede hiervoor is dat die Ou-Testamentiese skrywers nie aan God gedink het nie in terme van Vader, Seun en Heilige Gees, soos duidelik geopenbaar in die Nuwe
Testament.
Om verder te lees, koop gerus die artikel.
PDF FORMAAT