'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel
'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel
'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel
'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel
  • Load image into Gallery viewer, 'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel
  • Load image into Gallery viewer, 'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel
  • Load image into Gallery viewer, 'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel
  • Load image into Gallery viewer, 'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel

'n Oomblik in die Woord - Eenjaar Bybel

Regular price
R 499.00
Sale price
R 499.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 

PRE-ORDER VANDAG

*Eerste orders word tussen 3 - 13 Desember 2025 uitgestuur! 

* Slegs 1000 Bybels beskikbaar vir pre-order, so bestel vandag.

 

Hoe om hierdie Bybel te gebruik?

Die “’n Oomblik in die Woord – Eenjaar-Bybel” neem jou op ’n geestelike reis van 365 dae deur die hele Bybel.
Elke dag se gedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament is reeds vir jou uitgesit – van 1 Januarie tot 31 Desember – sodat jy die Bybel in een jaar, boek vir boek, sistematies kan deurlees.

Jy kan boonop saam luister na dr. Raymond Lombard wat die dag se gedeeltes voorlees. Skandeer eenvoudig die QR-kode wat by elke dag verskyn, en luister terwyl jy lees – of sommer net terwyl jy besig is. As jy die Woord sien én hoor, raak dit jou hart en verstand nog dieper.

Aan die begin van elke maand kry jy ook ’n tydlose, bemoedigende boodskap wat jou help verstaan waaroor die maand se tekste in die breë gaan.

Ons wil jou aanmoedig om elke dag tyd opsy te sit om jou gees te voed. Soos Moses gesê het:
“…die mens lewe nie van brood alleen nie, maar van alles wat uit die mond van die Here uitgaan” (Deut. 8:3).
En Jesus het dit bevestig:
“Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matt. 4:4).

Hierdie Bybel is allereers ’n lees-Bybel. Die teks is geneem uit die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se 2024-hersiene uitgawe van die 1953-vertaling. Jy sal opmerk dat name eenvoudiger gespel is en dat sekere ou woordgebruik vervang is om dit makliker verstaanbaar te maak. Tog bly dit getrou aan die oorspronklike vertaling.

Let ook op: sekere woorde verskyn in skuinsdruk [kursief] tussen hakies. Dit is woorde wat die vertalers ingevoeg het om die betekenis van die oorspronklike Hebreeus of Grieks beter weer te gee. Agterin die Bybel is daar ook ’n handige tabel van Bybelse mates met hul moderne waardes.

Die Eenjaar-Bybel is vir elke gelowige wat ’n dieper verhouding met God begeer, vir gesinne wat saam ’n ritme van Bybellees en gebed wil vestig, en vir kleingroepe of gemeentes wat saam die Woord wil ontdek.

Jy reis nie alleen nie – duisende ander gelowiges is reeds saam met jou op hierdie pad deur die Bybel in een jaar!

 

Opsomming:

Lees daagliks – Elke dag se teksgedeeltes (Ou en Nuwe Testament, Psalms en Spreuke) is reeds per datum uitgelê, van 1 Januarie tot 31 Desember. Dit neem sowat 15 minute per dag om deur te lees.

Luister saam – Skandeer die QR-kode bo-aan elke dag se bladsy en luister na dr. Raymond Lombard wat die dag se Bybelgedeeltes voorlees.

Begin elke maand met inspirasie – Lees die maand se kort boodskap om die groter temas van die Bybelgedeeltes beter te verstaan.

Voed jou gees – Neem tyd opsy om die Woord in te neem, hetsy deur lees, luister, of albei.

Reis saam – Onthou, jy is deel van duisende gelowiges wat saam hierdie pad stap – deur die hele Bybel in een jaar.

 HARDKOPIE - HARDEBAND BOEK